School sportSport

Morgenzon Landbou Akademie aangewys as Virseker Noordvaal-wenners

Morgenzon Landbou Akademie se uitspeel rondtes het begin met ’n kwarteindstryd teen Swartruggens waar Morgenzon Landbou Akademie die knoop deurgehaak het

Na afloop van ’n baie bedrywige en harde rugbyseisoen kan Morgenzon Landbou Akademie die Virseker-trofee omhoog hou.

Morgenzon Landbou Akademie se rugbyseisoen het op 24 Februarie afgeskop.

Dit het op 18 Augustus geëindig waartydens hulle aangewys is as die Virseker Noordvaalafdeling 4-wenners.

Morgenzon Landbou Akademie se uitdunrondes het met ’n kwarteindstryd teen Swartruggens begin waartydens Morgenzon Landbou Akademie die knoop deurgehaak het met ’n wentelling van 67-3.

Die span het daarna in die halfeindstryd teen Heilbron gespeel en die wedstryd met 31-12 beklink. Die eindstryd is aangebied by Tukkies en hulle het teen Hoërskool Stella te staan gekom.

Volgens Morgenzon Landbou Akademie het hul span die wedstryd gedomineer, veral die voorspelers, en drie drieë is deur die vleuel, Ruan Vunderink, gedruk. Hy is ook as die speler van die wedstryd aangewys.

Die eindtelling was 37-15 in Morgenzon Landbou Akademie se guns.

Morgenzon se 0/15-rugbyspan het in die kwarteindstryd teen Hoërskool Edenvale uitgeval, terwyl die 0/17-span in die halfeindstryd teen Hoërskool Evander verloor het.

Related Articles

Back to top button