School sportSport

Ermelo Hoërskool-dogters domineer Mpumalanga-eindstryd

Al vier spanne van EHS het as die Mpumalanga-kampioene geëindig.

Ermelo Hoërskool se dogtershokkiespanne het Saterdag, 21 Julie in die Mpumalanga-eindstryd op Curro Bankenveld se astrobane gespeel.

Al vier spanne het as die Mpumalanga-kampioene geëindig. Die 0/14A-span van me. Carika van Dyk het Hoërskool Middelburg 6-1 geklop. Kayla van der Meyden het drie doele geslaan en Carla Ferreira, Caylin Loock en Danel Olivier elkeen een.

Die 0/15A-span van me. Anna-Marie van Heerden het in ’n harde wedstryd teen Hoërskool Volksrust gespeel. Die eindtelling was 3-2 in die Erries se guns. Dié span was in die begin 0-1 agter. Die doele is aangeteken deur Margha Greyling wat twee doele geslaan het en Anke de Kock wat een doel aangeteken het.

Die tweedespan van me. Linda Horn het hul seisoen op ’n hoogtepunt afgesluit. Hulle het teen Hoërskool Standerton te staan gekom en die wedstryd 7-1 gewen. Die span se punte is aangeteken deur Gerzanda Fourie en Clariz Olivier wat elkeen twee doele geslaan het en Lana Grobler, Theané Arnoldi en Zelné de Jager met ’n doel elk.

Die Hoërskool Ermelo Calstar eerste dogtershokkiespan van me. Elana Fourie het teen Hoërskool Middelburg gespeel. Dit was ’n tawwe stryd en is deur die Erries gewen met ’n telling van 2-1. Yonette Fourie en Marla Oosthuizen het die doele vir die span aangeteken.

Die 0/14A-, 0/15A- en Hoërskool Ermelo Calstar eerste dogtershokkiespan dring deur na die Noordvaalkompetisie. Die 0/16 A-span speel volgende week uit om te bepaal of hulle na dié kompetisie deurdring.

Ermelo Hoërskool se 0/14A-span. Voor is Khensani Khumalo, me. Carika van Dyk (afrigter) en Kayla van der Meyden. In die middel is Sinethemba Nkosi, Jenna Oosthuizen, Hilde Jacobsz, Surika Struwig, Danel Olivier, Deidre van der Meyden en Elandri Swart. Agter staan Cara Snyman, Caylin Loock, Abigale Boynton, Frané Swart, Aloné Arnoldi, Chloë van Wyngaard en Carla Ferreira. (Foto verskaf)
Ermelo Hoërskool se eerste span is (voor) Hanné Swart, me. Elana Fourie (afrigter), Ruané Huber, Yonette Fourie, Dané du Plessis, Kelly-Anne Bourn, Lydia Landman, Berné de Kock, Leandri Beyer en Nicole van der Merwe. Agter is Marla Oosthuizen, Janicé Harmse, Hannah Cloete, Nicole Venter, Simoné Ferreira, Klarissa Joubert en Kyla Grobler. (Foto: Verskaf)
Ermelo Hoërskool se eerste span is (voor) Hanné Swart, me. Elana Fourie (afrigter), Ruané Huber, Yonette Fourie, Dané du Plessis, Kelly-Anne Bourn, Lydia Landman, Berné de Kock, Leandri Beyer en Nicole van der Merwe. Agter is Marla Oosthuizen, Janicé Harmse, Hannah Cloete, Nicole Venter, Simoné Ferreira, Klarissa Joubert en Kyla Grobler. (Foto: Verskaf)

Die 0/16A-rugbyspan van EHS het Saterdag teen Hoërskool Secunda kragte gemeet om die derde plek in Mpumalanga gemeet en om ’n plek in die Virsekertrofee-uitdunne te verseker.

Die Erries was vroeg in die wedstryd op die agtervoet toe hulle met 19-0 agter was. ’n Groot terugvegpoging van die Erries het veroorsaak dat die span laat in die tweede helfte voor was met die telling op 33-22 in die Erries se guns.

Die bal het egter reg vir Secunda geval en hulle teken in die doodsnikke van die stryd punte aan en wen met ’n telling van 34-33. Die puntemakers vir dié span, is Luke Bulford met twee drieë, Lourens Erasmus en Dylan Dewar het elk een gedruk en Thamsanqa Nyantsumbe het ook een drie gedruk, asook vier uit die vyf drieë verdoel.

Related Articles

Back to top button