Local sportSport

Swartbalspelers sê mekaar die stryd aan op Ermelo

Al vyf spanne van Full Moon Cue Sportklub het die naweek op Ermelo gespeel.

Die agtste ronde van die Swartballiga het Sondag, 15 Julie op verskeie dorpe in die omgewing plaasgevind.

Al vyf spanne van Full Moon Cue Sportklub het die naweek op Ermelo gespeel. Met slegs drie rondes oor voor die uitklopronde begin, het die spanne hard geveg vir elke punt.

Full Moon 1, 2 en 3 het teen drie spanne van Gringo’s Klub van Hendrina gespeel, terwyl Full Moon 4 en 5 mekaar die stryd aangesê het.

Lakesh Maharaj van Full Moon 4 konsentreer om sy laaste kleurbal te pot en die wit te plaas om die swart bal te pot.

Die uitslae vir die naweek is:

Full Moon 1 het Gringo’s 1 en 2 met 6-3 geklop, maar in ’n naelbyt wedstryd 4-5 teen Gringo’s 3 verloor. Full Moon 2 het al drie hul wedstryde teen Gringo’s 1, 2 en 3 met 4-5 verloor.

Full Moon 3 het hul wedstryd teen Gringo’s 1 met 2-7 verloor, teen Gringo’s 2 met 1-8 verloor en hul laaste wedstryd teen Gringo’s 3 net-net met 4-5 verloor. Full Moon 4 het teen Gringo’s 7 se span verloor met ’n telling van 3-6 en Full Moon 5 met 5-4 geklop. Full Moon 5 het 3-6 verloor teen Gringo’s 7 se span.

Hein Heine van Full Moon 1 mik om die swart bal te pot tydens die naweek se ligawedstryde wat op Ermelo plaasgevind het.

Spelers wat besonder goed gevaar het tydens die liga, is Hein Heine van Full Moon 1 se span wat agt uit nege wedstryde gewen het.

Charles Wahlstrand van Full Moon 1 het vyf uit nege wedstryde gewen, Dylan MacFarlane (Full Moon 4) en Jaco Vermeulen (Full Moon 5) het albei vier uit ses wedstryde gewen.

Die volgende wedstryde vind Sondag, 22 Julie plaas. Full Moon 1, 2 en 3 speel op Ermelo, terwyl Full Moon 4 en 5 op Hendrina by Gringo’s se klub speel.

Dylan MacFarlane van Full Moon 4 mik om een van sy kleurballe voor sy teenstander se bal te plaas om hom in ’n snoeker te plaas tydens die ligawedstryde wat Saterdag op Ermelo plaasgevind het.

Related Articles

Back to top button