Local sportSport

Skuts van Ermelo Defensive Pistol Club vaar goed tydens klassifiseringskietdag

Die kwalifiserende ronde word gedoen sodat elke skut sy kwalifikasie kan behou of verbeter.

Die Ermelo Defensive Pistol Club het Saterdag, 23 Junie ’n kwalifiseringsdag by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad aangebied.

Skuts het om 8vm by die skietbaan vergader waar daar aan elkeen verduidelik is wat die dag behels.

Die kwalifiserende ronde word gedoen sodat elke skut sy kwalifikasie kan behou of verbeter.

Die uitslae vir die dag is:

Johnny dos Reis het sy ronde in ’n tyd van 142,94 sekondes voltooi, John Smith het ’n tyd van 156,63 geskiet en Victor Borges in ’n tyd van 163,18 sekondes.

Ander uitslae is: Christelle Whatley (215,97 sek), Pieter Randell (234,41 sek), Vivian Whatley (248,54 sek), Louise Geldenhuys (269,14 sek), Charles Robberts (303,42 sek), Cheryl Geldenhuys (432,20 sek) en Luche Geldenhuys (447,77 sek).

Charles Robbertson van Ermelo Defensive Pistol Club in aksie tydens die GMD-klassifisering wat Saterdag by Vlakfonteinskietbaan plaasgevind het. Saam met hom is mnr. Vivian Whatley (baanbeampte).
Cheryl Geldenhuys het aan die GMD-klassifisering deelgeneem.

Related Articles

Back to top button