Local sportSport

Ermelo Rugbyklub kraai koning op Carolina

Ermelo se eerstespan het met 40-3 as die wenners van die veld afgestap.

Ermelo Rugbyklub het Vrydag, 22 Junie teen Carolina se rugbyspan teen staan gekom.

Die wedstryd het op Carolina se rugbyveld plaasgevind.

Ermelo se eerstespan het met 40-3 as die wenners van die veld afgestap.

Pieter Pretorius het twee drieë vir die span aangeteken en Sindiswa Mbokane, JD Earle, Hennie de Jager en Roeben Kruger een drie elk.

DC Swart het vyf doelskoppe oorgeskop. Die rugbyklub se volgende wedstryd vind Saterdag, 30 Junie op Ermelo plaas.

Die klub nooi die gemeenskap om hulle te gaan ondersteun.

Die klub se oefentye is Maandae en Woensdae vanaf 5.30nm by die AJ Swanepoel Stadion.

Enige iemand wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan mnr. Pierre van Rooyen skakel by 076 310 2305 of mnr. Jacques Strydom by 082 328 3410.

Related Articles

Back to top button