Skuts van Ermelo Defensive Pistol Club vaar goed tydens die klassifiseringskietdag

Die kwalifiserende ronde word gedoen sodat elke skut sy kwalifikasie kan behou of verbeter.

Die Ermelo Defensive Pistol Club het Saterdag, 16 Junie ’n kwalifiseringsdag by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad aangebied.

Skuts het 10m van die teiken af gestaan en slegs op een teiken teen tyd geskiet. Dit word gedoen sodat elke skut sy kwalifikasie kan behou of verbeter.

Die uitslae vir die dag is:

Bruce Theron het sy ronde in ’n tyd van 31.66 sekondes voltooi, Gert Jansen van Rensburg het in ’n tyd van 34.43 sekondes geskiet en Victor Borges in ’n tyd van 38.88 sekondes.

Ander uitslae is: Cecelia Beukes (43.10 sek), Sarel Marais (47.45 sek), Fred Bosh (50.14 sek), Willem Jan Human (51.69 sek), Marius van Staden (52.19 sek), Hein Fourie (55.26 sek), Steve Rautenbach (56.47 sek), Lodewyk Pretorius (60.99 sek), Alwyn de Vos (75.15 sek), Estelle Strauss (82.08 sek) en Soekie Human (123.16 sek)

Die klub se volgende kwalifiserende ronde vind Saterdag, 23 Junie by Vlakfonteinskietbaan plaas.

Exit mobile version