Drie van Laerskool JJ van der Merwe se sportspanne het Dinsdag, 5 Junie in die Mpumalanga Groot Skole se eindstryd op Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyveld gespeel.
Die 0/9-span het 5-10 teen Laerskool Klipfontein verloor en is die Mpumalanga-naaswenners.
Die 0/10-span het 19-17 in die eindstryd teen Laerskool Goedehoop gewen en is die Mpumalanga-wenners.
Die eerstespan het in ’n tawwe stryd in die eindstryd teen Laerskool Goedehoop op Secunda met 0-5 verloor en is die naaswenners in die Mpumalanga Groot Skole-afdeling.
Drie van Laerskool JJ van der Merwe se netbalspanne is deur na die Mpumalangs-uitdunne wat op 18 en 19 Junie by Laerskool Kragbron plaasgevind het.
Die netbaldogters het op 26 Mei aan die Gert Sibande-uitdunne by Hoërskool Standerton deelgeneem.
Hul uitslae vir die dag is:
Die 0/11A-span het hul wedstryd 3-8 teen Laerskool Goedehoop verloor, maar Laerskool Oranjegloed van Secunda 7-3 geklop en ook Laerskool Kruinpark van Secunda met 10-5. Die span het algeheel tweede geëindig.
Die 0/12A-span het hul wedstryd teen Laerskool Goedehoop met ’n naelskraap telling van 11-10 gewen. Hulle het ook Laerskool TP Stratten van Evander met 22-5 geklop, asook Laerskool Ermelo met 12-7. Hulle het algeheel eerste geëindig.
Die 0/13A-span het hul wedstryd 8-12 teen Laerskool Goedehoop verloor, maar Laerskool TP Stratten met 28-5 geklop, asook Laerskool Ermelo met 14-4. Hulle het algeheel tweede geëindig.