School sportSport

Laerskool JJ van der Merwe op Ermelo gekroon as Mpumalanga-wenners

Die 0/10-rugbyspan is as Mpumalanga-wenners gekroon.

Drie van Laerskool JJ van der Merwe se sportspanne het Dinsdag, 5 Junie in die Mpumalanga Groot Skole se eindstryd op Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyveld gespeel.

Die 0/9-span het 5-10 teen Laerskool Klipfontein verloor en is die Mpumalanga-naaswenners.

Die 0/10-span het 19-17 in die eindstryd teen Laerskool Goedehoop gewen en is die Mpumalanga-wenners.

Die eerstespan het in ’n tawwe stryd in die eindstryd teen Laerskool Goedehoop op Secunda met 0-5 verloor en is die naaswenners in die Mpumalanga Groot Skole-afdeling.

Drie van Laerskool JJ van der Merwe se netbalspanne is deur na die Mpumalangs-uitdunne wat op 18 en 19 Junie by Laerskool Kragbron plaasgevind het.

Die netbaldogters het op 26 Mei aan die Gert Sibande-uitdunne by Hoërskool Standerton deelgeneem.

Laerskool JJ van der Merwe se 0/13A-span is as die Mpumalanga-naaswenners gekroon. Hier is die span saam met hul afrigter, mnr. Hermann Fourie. Mnre. Johann Dinkelmann en Hendre Naude was afwesig toe die foto geneem is.
Laerskool JJ van der Merwe se 0/10-span is as die Mpumalanga-wenners gekroon. Voor is Wihan Snyders, Slade Cooper, SS Cilliers, Raymond Strydom, Bernard Laage en Awian Sassenberg. In die middel is mnr. Johan Koen (afrigter), Franco Groenewald, Luan Jansen van Rensburg, Nico Brits, Janchro Nel, Schalk Kruger, WP Human, Stiaan van den Heever en mnr. Jac Fourie (afrigter). Agter is Nathan Zietsman, Pieter Venter, Zander Müller, Ruben Lombard, Leon le Roux, WJ Pretorius en Theardt Theron.
Laerskool JJ van der Merwe se 0/9-span is as die naaswenners van die Mpumalanga-liga gekroon. Hier is die span saam met mnr. Marius Nel (hoof).

Hul uitslae vir die dag is:

Die 0/11A-span het hul wedstryd 3-8 teen Laerskool Goedehoop verloor, maar Laerskool Oranjegloed van Secunda 7-3 geklop en ook Laerskool Kruinpark van Secunda met 10-5. Die span het algeheel tweede geëindig.

Die 0/12A-span het hul wedstryd teen Laerskool Goedehoop met ’n naelskraap telling van 11-10 gewen. Hulle het ook Laerskool TP Stratten van Evander met 22-5 geklop, asook Laerskool Ermelo met 12-7. Hulle het algeheel eerste geëindig.

Die 0/13A-span het hul wedstryd 8-12 teen Laerskool Goedehoop verloor, maar Laerskool TP Stratten met 28-5 geklop, asook Laerskool Ermelo met 14-4. Hulle het algeheel tweede geëindig.

Related Articles

Back to top button