Local sportSport

Swartbalspelers van Ermelo pak ronde ses van liga aan

Die swartballiga raak ’n tawwe stryd vir al die spanne wat veg om onder die top spelers te eindig.

Die swartballiga is goed op dreef met ronde ses wat Sondag, 10 Junie op verskeie dorpe in die omgewing plaasgevind het.

Full Moon 1, 2 en 3 van Ermelo het tuis teen mekaar sake uitgespook, terwyl Full Moon 5 op Middelburg by Bro’s Pool Klub meegeding het.

Die uitslae vir die naweek is as volg:

Full Moon 1 klop Full Moon 2 met 8-1 en het ook hul wedstryd teen Full Moon 3 met 7-2 gewen.

Full Moon 2 het Full Moon 3 met ’n telling van 5-4 geklop.

Full Moon 5 het albei hul wedstryde teen Bro’s 4 en Riverbank 2 met ’n telling van 3-6 verloor. Spelers wat besonder goed gevaar het, is Hein Heine en Charles Wahlstrand van Full Moon 1 wat ses uit ses wedstryde gewen het.

JP Joubert (Full Moon 2) en Veronica Wahlstrand (Full Moon 1) het drie uit ses wedstryde gewen.

Die volgende ligawedstryde vind op 1 Julie plaas, waartydens Full Moon 1, 2 en 3 op Secunda teen Panda’s se spanne te staan kom en Full Moon 4 en 5 gaan op Middelburg die spanne van Bro’s die stryd aansê.

Related Articles

Back to top button