Hoërskool Ermelo-gholfspelers swaai die stokke

In die C-liga het die Erries 57 punte aangeteken en as die nommer een span geëindig.

Gholfspelers van EHS het Vrydag, 1 Junie aan die vierde en finale ronde van die Gert Sibande-gholfliga by die Ermelo Buiteklub deelgeneem.

In die A-liga het die Errie-span hul seisoen afgesluit met ’n vierde plek en 37 punte.

Stefan Kemp en Tyron Dewar het 14 punte elk vir dié span bygedra. Dié span het derde op die algehele punteleer geëindig.In die B-liga het die Errie-gholfspelers daarin geslaag om 50 punte aan te teken en in die eerste plek te eindig. Wian Swart en Diederik van der Walt was die span se beste spelers en het 18 punte elk bygedra.

In die C-liga het die Erries 57 punte aangeteken en as die nommer een span geëindig. Carla Ferreira was die span se beste speler met 21 punte.

Die B- en C-spanne was Gert Sibande-wenners en gaan dié streek by die Mpumalanga-uitspele op 13 Augustus op Walkerpark Gholfklub op Evander verteenwoordig.

Exit mobile version