Hoërskool Ermelo se wintersportspanne sluit liga goed af

Hoërskool Ermelo Calstar eerste dogtershokkiespan wen 2-1.

Hoërskool Ermelo se wintersportspanne het die afgelope week verskeie liga- en vriendskaplike wedstryde gespeel.

Netbal

EHS se A-netbalspanne het Donderdag, 24 Mei ligawedstryde teen Ligbron Akademie vir Tegnologie op die Erries se bane gespeel.

Die 0/14-span het 8-7 gewen en die 0/15A- en 0/16A-spanne het onderskeidelik 9-13 en 3-21 verloor.

Die Hoërskool Ermelo Calstar eerste netbalspan het 30-26 gewen.Die Erries bedank hul borg, mnr. Muhammed Bhyat van Calstar, vir sy teenwoordigheid en ondersteuning.

Hokkie

Die dogters se tweede hokkiespan het teen Curro Bankenveld se eerstespan op eMalahleni gespeel en 3-1 gewen. Yonette Fourie, Clariz Olivier en Zelné de Jager was die puntemakers.

Die Erries het Saterdag hul laaste ligawedstryd vir die seisoen teen Hoërskool Standerton gespeel en die uitslae is soos volg:.

Dogtershokkie: 0/14A wen 3-1 en is die ligawenners vir 2018. Sinethemba Nkosi het twee doele aangeteken en Carla Ferreira een.

Die 0 15A-span het 1-1 gelykop gespeel en is ook ligawenners. Mignon Ferreira het die doel aangeteken.

Lees ook: Erries skop wintersport af

Die 0/16A-span het 6-0 gewen. Die span is ligawenners. Meghan Houy en Jana Nel het twee doele elk aangeteken en Zeldine Pienaar en Miceala Erasmus een doel elk.

Die tweedespan het 4-0 gewen en is ook die ligawenners. Yonette Fourie het drie doele aangeteken en Clariz Olivier een doel.

Hoërskool Ermelo Calstar se eerste dogtershokkiespan het 2-1 gewen. Simoné Ferreira het die eerste doel aangeteken en Kelly-Anne Bourn die tweede doel. Die span is die liganaaswenners.

Die rugbyspanne se tellings is soos volg:

0/14A-span wen 74-0, die 0/14B-span wen 64-7, die 0/15A-span wen 43-5, die 0/15B-span verloor 8-27, die tweedespan wen 12-47, die 0/16A-span wen 57-18, die 0/16A-span wen 57-18, die 0/16B-span verloor 22-26 en die Hoërskool Ermelo Nashua Highveld eerste rugbyspan wen 37-2.

Exit mobile version