Morgenzon bied eerste Gong-skietdag aan

Die twee skuts, Paul van Niekerk en Piet van den Heever, het die R1 000 prys gedeel en dit aan die skool geskenk.

Morgenzon Landbou Akademie het op 19 Mei hul heel eerste Gong-skietdag onder die vaandel van Laeveld Jagtersvereniging op Roodekrans, Johan Swart en Seuns se plaas, aangebied.

Altesaam 106 skuts landwyd het deelgeneem. Daar is ses verskillende bane uitgelê wat elkeen ‘n ander skietposisie gehad het.

Die volgende skuts het pryse gewen:

• Eerste prys: Happy days met 1 100 punte (wen elkeen ’n blesbok en jagnaweek).

• Tweede prys: The Cunning Stunts met 1 090 punte (wen elkeen hul eie gonge).

• Derde prys: Maggason Recalled met 1 020 punte (wen ‘n Wildma-geskenkbewys en ‘n fles).

• Gemengde span: Toaster Hunters (kon hul prys eerste gaan kies van die tafel met geborgde pryse).

Lees ook: Ermelo skuts skiet raak tydens die LJV se langgeweer-skietkompetisie

Die indiwiduele wenners is:

• Eerste plek: Piet van den Heever, Jaco Cronje.

• Tweede plek: Casper Uys, Paul van Niekerk, Elton Gross en Jan Hendrik Martins.

Die pryse wat oor was, is later uitgeloot in ’n gelukkige trekking.

Die “Power Shot”-baan se gong is 600m ver geplaas. Die twee skuts, Paul van Niekerk en Piet van den Heever, wat hom twee keer raakgeskiet het, het die R1 000 prys gedeel en het dit aan die skool geskenk.

Die skool het die borge en organiseerders bedank.

Exit mobile version