Local sportSport

Swartbalspelers van Ermelo kraai koning tydens vierde ronde

Lede van Full Moon Cue Sport Klub Ermelo vaar goed tydens die vierde ronde van die liga.

Die Swartballiga is goed op dreef met die vierde ronde wat die afgelope naweek plaasgevind het.

Spelers van Gert Sibande en Nkangala-streek het op verskeie dorp sake uitgespook vir ’n plek in die Top 16, om later vanjaar in die halfeindronde en eindronde te speel.

Full Moon 1, 2 en 3 van Ermelo het op Secunda meegeding, terwyl Full Moon 4 en 5 op Ermelo by Full Moon Cue Sportklub deelgeneem het.

Drie spelers was in ’n span.

Leon Pieterse van Full Moon 1 konsentreer om die tafel skoon te maak tydens die ligawedstryde wat die naweek op Secunda plaasgevind het.

Die uitslae vir die naweek is as volg:

Full Moon 1 klop Panda’s 10 en staan geen punte af teen Panda’s 9 met ’n 9-0 oorwinning.

Full Moon 2 wen albei hul wedstryde: Panda’s 9 met 5-4 en Panda’s 10 met 5-4.

Full Moon 3 klop Panda’s 9 met 6-3 en Panda’s 10 na ’n naelbyt wedstryd met 5-4.

Full Moon 4 het ’n moeilike dag beleef met een van hul spelers wat nie kon speel nie en het al drie hul wedstryde verloor: teen Panda’s 1 met 1-8, Panda’s 2 met 1-8 en Panda’s 3 met 0-9.

Hein Heine van Full Moon 1 in aksie.

Full Moon 5 het hul wedstryde teen Panda’s 1 met 0-9 verloor, teen Panda’s 2 met 1-8 en teen Panda’s 3 met 1-8.

Spelers wat besonder goed gevaar het die naweek, is Leon Pieterse (Full Moon1) wat al ses wedstryde gewen het. JP Joubert (Full Moon 2), Hein Heine (Full Moon 1) en Charles Wahlstrand (Full Moon 1) het vyf uit ses wedstryde gewen en Henk Vermeulen (Full Moon 3) het vier uit ses wedstryde gewen.Die volgende ligawedstryde vind Sondag, 3 Junie plaas.

Kyk na: [GALERY] Ermelo-potbalspelers laat spanne les opsê tydens die derde ronde van die liga

Related Articles

Back to top button