Sport

[GALLERY] Ermelo-potbalspelers laat spanne les opsê tydens die derde ronde van die liga

Die Swartballiga is goed op dreef en het Sondag, 6 Mei die derde ronde van die liga voltooi op verskeie dorpe in die omgewing.

Die Swartballiga is goed op dreef en die derde ronde is Sondag, 6 Mei op verskeie dorpe in die omgewing voltooi.

Full Moon 1, 2 en 3 van Ermelo het op eMalahleni (Witbank) by Riverbank Poolklub meegeding, terwyl Full Moon 4 en 5 op Middelburg by Pavillion Poolklub deelgeneem het.

Drie spelers speel in ’n span.

Die uitslae vir die naweek is as volg;

Full Moon 1 klop Pavillion 1 met 9-0, Pavillion 2 met 7-2 en Riverbank 1 met 7-2.

Full Moon 2 wen al drie hul wedstryde: Pavillion 2 met 9-0, Pavillion 1 met 7-2 en Riverbank 1 met 6-3.

Full Moon 3 klop Pavillion 1 met 5-4, Riverbank 1 met 6-3 en staan slegs een punt af teen Pavillion 2 met 8-1.

Full Moon 4 klop Panda’s 11 met 5-4 en verloor tydens ’n spannende wedstryd met slegs een punt teen Pavillion 3

met 4-5.

Lees ook: (VIDEO) Swartbalspanne sê mekaar die stryd aan op Ermelo

Full Moon 5 verloor in ’n strawwe stryd hul wedstryde teen Panda’s 11 met 2-7 en Pavillion 3 met 1-8.

Die spelers wat besonders goed gevaar het die naweek, is JP Joubert (Full Moon 2) wat al nege wedstryde gewen het.

Hein Heine (Full Moon 1), Charles Wahlstrand (Full Moon 1) en Collin Dube (Full Moon 2) het agt uit nege wedstryde gewen en Leon Pieterse sewe uit nege wedstryde.

Marcel Blom en Craig Housden van Full Moon 4 het albei vier uit ses wedstryde gewen.

Die volgende ligawedstryde vind op 27 Mei plaas.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button