Sport

Ermelo skuts skiet raak tydens die LJV se langgeweer-skietkompetisie

’n Totaal van 15 skuts het dié skietdag aangedurf waartydens elke skut in slegs 15 langgeweerrondtes, 15 .22-rondtes en 10 haelgeweerrondtes punte kon bymekaar maak.

Daniel Slabber is die algehele wenner van die langgeweer-skietkompetisie wat Saterdag, 21 April, by die Klipfontein Skietbaan plaagevind het.

Die Laeveld Jagtersvereniging (LJV) het die kompetisie aangebied.

’n Totaal van 15 skuts het dié skietdag aangedurf waartydens elke skut in slegs 15 langgeweerrondtes, 15 .22-rondtes en 10 haelgeweerrondtes punte kon bymekaar maak.

Daniel Slabber het ’n totaal van 157 punte behaal, gevolg deur Thys Swart met 140 punte en kort op sy hakke was Ernst Fourie met 127 punte.

Lees ook: Rudie Snyman wen Laeveld Jagters Vereniging se skietdag

Die ander tellings vir die dag is: Charles Loyd (110 punte), Dirk Snyman (101 punte), Johan Roux (94 punte), Koos van Niekerk (88 punte), John Loyd (85 punte), Derick Swart (75 punte), Stefan Cornelius (73 punte), Willie Fourie (60 punte), Naas Rautenbach (60 punte), Ian Mc Donalds (58 punte), Riaan Stander (35 punte) en Costas Klonaris (12 punte).

Die volgende driegeweer-skietdag word 19 Mei aangebied.

ir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button