Ermelo Defensive Pistol Club laat die koeëls vlieg

EDPC bied suksesvolle klubskiet-kompetisie aan

Paul van Niekerk is die algehele wenner van Saterdag, 21 April, se Ermelo Defensive Pistol Club (EDPC) skietkompetisie.

Skuts het op vier bane aan die “Clubshoot” deelgeneem.

’n Totaal van 16 skuts het die skietdag aangedurf.

Na die “Clubshoot” is ‘n “Sidematch” met die haelgewere aangebied.

Tydens die “Sidematch” moes deelnemers valplate skiet in die vinnigste tyd moontlik.

Die wenner van die “sidematch” was Louis Geldenhuys wat daarna beloon is met ‘n eetbewys van Ocean Basket.

Lees ook: [Foto’s]: Ermelo Defensive Pistol Club geniet suksesvolle skietdag

Paul van Niekerk met ’n tyd van 114.96 is die algehele wenner van die dag gevolg deur Christo Botha met ’n tyd van 116.27 in die tweede plek en kort op sy hakke in die derde plek is Frikkie du Plooy met ’n

tyd van 116.46.

Die ander uitslae vir dag is: Koos Smit (117.19), John Smith (127.52), Heino Volker (134.80), Louis Geldenhuys (173.13), Jaun van der Westhuizen (211.07), Yunus Kader (225.52), Ernst Jansen van Rensburg (239.57), Cheryl Geldenhuys (253.83), Charles Robberts (282.90), Lodewyk Pretorius (286.72), Luche Geldenhuys (308.13), Antonet

van der Westhuizen (317.72) en Rethea Jansen van Rensburg (515.87).

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Exit mobile version