Sport

[VIDEO] Ermleo se Ringbalklub bied ligawedstryde by AJ Swanepoel Stadion aan

Die vroue B-span het Sasol se A-span in ’n taai wedstryd met 28 - 26 geklop, maar het die knie gebuig teen Sasol se B-span met 32 - 28.

Die Ermelo Ringbalklub het op Saterdag, 14 April ligawedstryde by die AJ Swanepoel Stadion aangebied.

Die vroue A-span het Sasol se B-span met 42 – 12 geklop en ook hul volgende wedstryd teen Mkondo oortuigend met 54 – 20 gewen.

Die vroue B-span het Sasol se A-span in ’n taai wedstryd met 28 – 26 geklop, maar het die knie gebuig teen Sasol se B-span met 32 – 28.

Lees ook: [Foto’s]: Ermelo en Secunda se ringbalspanne meet kragte

Sasol se vroue A-span het hul wedstryd teen Mkhondo met 28 – 30 verloor.

Sasol se mansspan het die Ermelo-mansspan in die eerste wedstryd met 20 – 18 geklop en hulle in die tweede wedstryd laat les opsê met ’n telling van 31 – 10.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Related Articles

Back to top button