Sport

Koue weer skrik nie korfbalspelers af nie

Korfbalspelers durf koue weer aan tydens die twee ronde van die seisoen.

Die Gert-Sibande streek het op Saterdag, 17 Maart in die tweede ronde van die korfbal-liga by die AJ Swanepoel Stadion se baan meegeding.

Slegs vroue-spanne van Ermelo, Mkhondo (Piet Retief) en Sasol Secunda het deelgeneem.

Die koue weer het dié spanne nie afgeskrik nie en al die wedstryde het plaasgevind.

Lees ook: Charles wen die Snoekerkampioenskappe

Ermelo se vroue B-span het die wedstryd teen Sasol se B-span oorheers en met 36 – 24 gewen.

Mkhondo het Sasol A met 38 – 26 en Ermelo se vroue A-span Mkhondo met 36 – 24 geklop.

Die volgende wedstryde vind voorlopig op 14 April op Ermelo plaas.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Related Articles

Back to top button