Charles wen die Snoekerkampioenskappe

Altesaam nege spelers, waarvan drie Ermelo spelers, naamlik Charles Wahlstrand, Hein Heine en Veronica Wahlstrand, het deelgeneem.

Charles Wahlstrand van Full Moon Cue Sport op Ermelo is verlede Saterdagaand aangewys as die Mpumalanga Cue Sport se snoekerkampioen.

Dié kampioenskap, asook die “6-Reds”- kampioenskap, het op Vrydag 9 en Saterdag, 10 Maart by die Wanderers Klub in Johannesburg plaasgevind.

Altesaam nege spelers, waarvan drie Ermelo spelers, naamlik Charles Wahlstrand, Hein Heine en Veronica Wahlstrand, het deelgeneem.

Die wedstryde het reeds om 9vm op Saterdag met die dubbeleliminasieuitskoprondes begin.

In so ’n ronde het ’n speler ’n tweede kans indien hy in die eerste ronde verloor het.

Lees ook: Potbalspelers veg hard by SA-kampioenskap

In die eerste ronde het Veronica met 3 – 1 verloor teen Hendry Erasmus van Panda’s op Secunda, terwyl Hein vir Pine Pienaar van die Panda’s met 3 – 2 geklop het en Charles met 3 – 2 teen Jacobus le Roux verloor het.

Veronica het daarna vir Sylvia Pieterse van Gringo’s op Hendrina met 3 – 1 geklop.

Sy het in die volgende ronde teen Charles uitgeval en hy en Hein het daarna uitgespeel om te bepaal wie na die halfeindstryd deurgaan, waar Charles geseëvier het met 3 – 2.

Charles het in die eindstryd teen Jacobus le Roux te staan gekom.

Die wedstryd het om 9vm afgeskop en die wenner is bepaal deur die speler wat die eerste vyf wedstryde wen.

Charles het voorgeloop met 4-1 waarna Jacobus twee wedstryde gewen het.

Hy het die volgende wedstryd skoonskip gemaak en Jacobus met 5 – 1 geklop.

In die “6-Reds”-kampioenskap het Charles tweede en Hein derde geëindig.

Veronica Wahlstrand is in die vroue-afdeling as die toppresteerder aangewys.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Exit mobile version