Local sportSport

Eerste provinsiale Chinese 8-balkampioenskap word aangebied

Charles Wahlstrand en Collen Dube is twee van Ermelo se potbalspelers wat die kampioenskap bygewoon en in die sewende plek geëindig het.

Mpumalanga Cue Sport (MPCS) het op 6 en 7 Januarie die eerste provinsiale Chinese 8-balkampioenskap aangebied.

Volgens mnr. Hendry Erasmus, MPCS se voorsitter, is dit ’n eerste van sy soort in Suid-Afrika.

Chinese 8-bal is ’n dissipline wat gekombineer is met die reëls van 9-bal en swartbal.

Die kampioenskap het om 10vm by die Panda’s Pool-klub by Lake Umuzi op Secunda afgeskop.

Lees ook: SAB Soccer League heats up with goals galore at the weekend

Met die strawwe kompetisie is daar sommige stryde wat tot twee uur en 30 minute geduur het wat veroorsaak het dat die eindstryde tot net voor middernag gespeel is.

Charles Wahlstrand en Collen Dube is twee van Ermelo se potbalspelers wat die kampioenskap bygewoon en in die sewende plek geëindig het.

Die kompetisie het uit 16 spelers van regoor Mpumalanga bestaan wat in ’n dubbele eliminasieformaat gespeel is.

Die algehele wenner, Jacobus le Roux van die Panda’s klub, se deelname het aan hom ’n plek in die Suid-Afrikaanse kwalifiseerdersronde, wat in Maart sal plaasvind, besorg.

Collen Dube tydens een van sy wedstryde. (Foto verskaf)

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Related Articles

Back to top button