Stoepsitters geniet gholfdag

Die gees onder die gholfspelers en gaste was baie goed en die manne het hulle hande diep in hulle sakke gesteek vir die veiling.

Altesaam 68 spelers het Saterdag aan die Hervormde Kerk Moedergemeente se gholfdag deelgeneem.

Die gees onder die gholfspelers en gaste was baie goed en die manne het hulle hande diep in hulle sakke gesteek vir die veiling.

Die wenners van die dag was Manna Smith en Tersia Kemp, Wors Prinsloo sr. en Wors Prinsloo jr. was tweede met Phillip Coetzer en Christian Jacob derde, Enlin Neveling en Dirk Labuscagne vierde en Manie Potgieter en André Steyn in die vyfde plek.

Eerskomende Saterdag vind die IPS-geldinsamelingsdag van die El-Shaddai Kerk plaas.

Plaas gerus jou naam op die afslaanlys.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version