Secunda oorheers Hoëveld viere rolbalampioenskap

Sasol Secunda se mans-en vrouespanne het die spel oorheers en het in albei afdelings eerste en derde geëindig.

Die Hoëveld viererolbalkampioenskap het die afgelope naweek by Ermelo Rolbalklub plaasgevind.

Sasol Secunda se mans-en vrouespanne het die spel oorheers en het in albei afdelings eerste en derde geëindig.

Ermelo se vrouespan gelei deur Gerda Swanepoel het tweede geëindig. Die vierde plek het ook aan Ermelo gegaan onder Annatjie de Bruto se leiding.

In die manskompetisie het Keaton Erasmus se span van Bethal tweede geëindig met Vaino Prinsloo se Ermelo-span in die vierde plek.

Die Hoëveld Vierevrouekampioenspan is Laurika Steenkamp, Annette van Ryneveld, Susan van Huyssteen en Patrys Becker van Sasol Secunda.
Die manskampioenspan van Sasol Secunda is Dawie van Zyl, Johann Jansen, Keven Semple en Nick van Huyssteen.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version