Provinsie vereer sussies vir netbal-prestasies

Susters Inge en Amy Greyling is verlede naweek tydens Mpumalanga Netbal se prysuitdeling vir hul uitsonderlike prestasies vereer.

Susters Inge en Amy Greyling is verlede naweek tydens Mpumalanga Netbal se prysuitdeling vir hul uitsonderlike prestasies vereer.

Amy (gr. 9) van Hoërskool Ermelo is beloon met ‘n toekenning vir uitnemendheid as kaptein en hoofdoel van die provinsiale 0/15A-span.

Dié span het derde geëindig tydens die SA Skole Netbaltoernooi).

Sy het in gr. 6 vir die eerste keer Puma-kleure verwerf en het vanjaar vir die vierde agtervolgende jaar haar provinsie verteenwoordig.

Amy se groot liefde is netbal en sy hoop om eendag vir die nasionale span te kan speel.

Kleinsus Inge, gr. 6-leerder van Laerskool JJ van der Merwe, volg in Amy se voetspore.

Sy was hulpdoel in Mpumalanga se 0/12-span en is vereer vir haar uitsonderlike spel.

Inge is ook ‘n kranige hokkiespeler en het vanjaar Puma-kleure in dié sport ontvang.

Die twee is nie net uitblinkers op die sportveld nie; akademies werk hul ook hard en is albei in hul onderkeie grade se top tien.

Hul geheim is harde werk en lang ure se saam oefen oor naweke en gedurende vakansies.

Exit mobile version