Erries het uithouvermoë by tweede ligawedloop by Hoërskool Volksrust

Die Erries se landloopatlete het verlede Woensdag aan die tweede ligawedloop by Hoërskool Volksrust deelgeneem.

Die Erries se landloopatlete het verlede Woensdag aan die tweede ligawedloop by Hoërskool Volksrust deelgeneem.

Atlete van 12 skole hetsake op die dag sake uitgespook en die Erries het hulle goed van hul taak gekwyt.

Die junior dogterspan het hul afdeling gewen met Jana Nel wat tweede, Chantelle Swart derde, Elizia van Heerden sewende en Nadia Kluyts 17de geëindig het.

In die junior-seunspan behaal Charis Brundyn sewende plek, Goodman Khumalo negende plek en Ruan du Toit eindig elfde. .

Niëline Joubert het 10de en Junicke Broekman 15de in die senior dogtersafdeling geëindig.

Luyanda Mabuza van die Erries se senior seunspan het ’n vyfde plek behaal.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version