Rikus speel in Barbarian-span

Hoewel Rikus vir die Suid-Afrikaanse 0/19-seunspan gekies is, het hy vir die Barbarian-span, bestaande uit drie Suid-Afrikaners en drie Zambiërs (almal 0/19), gespeel.

Hoërskool Ermelo is trots op Rikus Cilliers wat gedurende die Julie-skoolvakansie aan ‘n inter-nasionale polocrosse-byeenkoms in Richmond, KwaZulu-Natal deel-geneem het.

Hoewel Rikus vir die Suid-Afrikaanse 0/19-seunspan gekies is, het hy vir die Barbarian-span, bestaande uit drie Suid-Afrikaners en drie
Zambiërs (almal 0/19), gespeel.

In hul eerste wedstryd het die Barbarians gelykop geëindig teen die Suid-Afrikaanse 0/16-dogterspan en hul volgende wedstryd teen die SA 0/16- seunspan verloor.

In hul derde en laaste wedstryd het hulle weer teen Suid-Afrika se 0/16-seuns te staan gekom in ‘n
kragmeting wat gelykop geëindig het.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version