Local sportSport

Hoëveld senior liga-wenners pak Laeveld in Curriebeker voorwedstryd

Ermelo se eerstes wat reeds as wenners in die Puma senior Hoëveldliga aangewys is, reis die naweek na Nelspruit waar hulle Sondag om 12:00 op die Mbombela-stadion in die voorwedstryd van die Curriebeker-stryd tussen die Pumas en die Leeus teen die Laeveld-wenners, Woodspruit, kragte sal meet.

Daar is geen keer aan Ermelo se rugbymanne nie soos hulle weer die afgelope naweek in hul kragmeting teen Matla bewys het.

Die wedstryd het op Ligbron se veld plaasgevind en hoewel sterk wind deurgaans ‘n uitdaging was, het Ermelo se eerste span met 27-7 as wenners van die veld gedraf.

Jaco Spies is aangewys as die voorspeler van die wedstryd en Tiaan Maartins as die beste agterspeler.

Ermelo se eerstes wat reeds as wenners in die Puma senior Hoëveldliga aangewys is, reis die naweek na Nelspruit waar hulle Sondag om 12:00 op die Mbombela-stadion in die voorwedstryd van die Curriebeker-stryd tussen die Pumas en die Leeus teen die Laeveld-wenners, Woodspruit, kragte sal meet.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button