School sportSport

Erries lewer puik rugbyvertoning

Die Nashua eerste rugbyspan het in die halfeindstryd van die grootskole rugbyliga teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom.

Die Erries se 0/15A-, 0/16A- en eerste rugbyspan het verlede Saterdag in die Mpumalanga-halfeindstryd op Ligbron Akademie vir Tegnologie se velde gespeel.

Die 0/15A’s het hul wedstryd teen Rob Ferreira met 38-19 verloor.

Die Erries se punte is aangeteken deur Hardus Rothmann met twee drieë en twee doelskoppe en Luke Bulford met een drie.

Die 0/16A-span het gelykop (17-elk) teen Hoërskool Lydenburg gespeel en omdat die Erries die eerste punte van die wedstryd aangeteken het, dring hulle deur na die eindstryd.

Justin Mclaren en Johan Nel het elk ‘n drie gedruk en Walter Visser het geslaag met ‘n strafskop en twee doelskoppe.

Die Nashua eerste rugbyspan het in die halfeindstryd van die grootskole rugbyliga teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom en ‘n besonder harde wedstryd 26-25 gewen.

Norman Victor, Willie Greyling en Gejhan Thyssen het elk ‘n drie gedruk, Ruan Grobler het met drie strafskoppe geslaag en Stefan Potgieter met een doelskop. Die eindstryde vind op 29 Julie op die Erries se velde plaas.
Die 0/16A’s speel dan teen Ligbron en die eerste span teen Hoërskool Secunda.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button