Local sportSport

Nuwe driespelkampioene gekroon

Die Laevelders het koning gekraai in die vrouespel

Ermelo Rolbalklub was die afgelope naweek gasheer vir die Mpumalanga Driespelkampioenskap.

Spanne van die Laeveld, Sentraal en Hoëveldstreek het teen mekaar om die gesogte titel meegeding.

Een vrouespan van Ermelo, bestaande uit Chrismari Erasmus, Koekie van der berg en Mariekie Findlay het deelgeneem, maar nie die geluk of die houte wou tydens die uitspeelronde vir hul regdraai nie en hulle nie deurdring na die eindstryd nie.

Nie een van Ermelo se manspanne het vir die kampioenskap gekwalifiseer nie.

In die manskompetisie het Sentraal met die span van Witbank bestaande uit Deon Vermeulen, Paul Bray en T. le Grange as wenners uit die stryd getree.

Die Laeveldspanne van Francois Hanekom, Tinus Janse van Vuuren en Jaco Richards het onderskeidelik tweede, derde en vierde geëindig.

Die Laevelders het koning gekraai in die vrouespel met die LVCC-span bestaande uit Toekie Botha, Madelaine de Klerk en Elinor Storkey.

Sentraal gelei deur Annelie de Kok was tweede en Marie Stander en haar span van Laeveld in die derde plek.

Die vierde plek is deur Sunette Claassen se span van Sentraal opgeëis.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button