Local sportSport

Boere hou gholfdag

Die wedstryd is deur Ceva Dieregesondheid SA geborg en is op 'n "scramble drive"-formaat aangbied.

Talle boere het Vrydag aan ‘n boeregholfdag op die Ermelo Gholfbaan deelgeneem.

Die wedstryd is deur Ceva Dieregesondheid SA geborg en is op ‘n “scramble drive”-formaat aangbied.

Die New Scotland Landbouvereniging-span het met die louere weggestap met die Voorspoed Studiegroep in die tweede plek en die Hendrina Studiegroep derde.

Dr. Willem Schultheiss, sakebestuurder van Ceva Dieresorg SA, het die geleentheid bygewoon en het die pryse aan die wenners oorhandig.

Saterdag se IPS-klubwedstryd is gewen deur Theodor Boshoff op 42 punte.

Johan de Villiers was in die tweede plek op 41, met E. Strydom derde op 39 en Eric Trouw vierde op 37 punte.
Eerskomende Saterdag word daar weer ‘n klubkompetisie gespeel.

Spelers word daaraan herinner dat winterafslaantyd (10:00) vanaf Mei vir die duur van die wintermaande sal geld.

 

For free breaking and community news, visit our websites:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

Related Articles

Back to top button