Local sportSport

Tier-sterte geknoop

Ermelo se spelers het met die bal baljaar en met reëlmaat agter die Tigers se doellyn gekuier in 'n fees van drieë.

Ermelo Rugbyklub se eerste span het Saterdag geen moeite ondervind nie om die Kinross Tigers met ‘n behoorlik geknoopte stert huis toe te stuur ná ‘n oorwinning van 83 – 0 oor die tandlose tiere.

Ermelo se spelers het met die bal baljaar en met reëlmaat agter die Tigers se doellyn gekuier in ‘n fees van drieë.

JP Labuschagne en Dylan Bornman is onderskeidelik as voor- en agterspeler van die wedstryd gekies terwyl JD Earle, wat vyf drieë gedruk het, as die spelers se speler van die wedstryd gekies is.

In die voorwedstryd het Ermelo se tweede span gewys dat daar diepte in die klub se rugby is toe hulle met 60 – 33 geseëvier het teen die gedugte Middelburg 3-span, wat op daardie tydstip onoorwonne was.

André Thomas en Burger Kriel is aangewys as spelers van die wedstryd. Burger is ook aangewys as die spelers se speler van die wedstyd.

Die wedstryde is op Ligbron Akademie vir Tegnologie se veld gespeel.

Ermelo kom op 6 Mei teen die spanne van Bethal en Sasol 3 te staan.

Die wedstryde vind op Bethal plaas.

Herman Pretorius snel vasberade langs die kantlyn af.

Related Articles

Back to top button