Houte klap tot aan die einde

Ermelo Rolbalklub se besigheidsliga is byna iets van die verlede.

Ermelo Rolbalklub se besigheidsliga is byna iets van die verlede.

Ná verlede week se spel en een ronde wat oorbly, sien die telbord so daar uit:

Die Dinsdag-groep word gelei deur die span van De Wit Motors met die Underdogs en Weegbrug onderskeidelik tweede en derde.

Vleissentraal lê tans vierde gevolg deur Nashua Tegnies, Iveco, Tasso’s, Nashua admin, UD Trucks, Sentraal Eiendomme, Rooimiere, Bekker Brink & Brink, VBD Ermelo en Scrapcore wat die agterhoede dek.

Op Donderdag se telbord is die Ball Busters bo-aan die leer met Brakecore tweede en The Bowling Stones derde.

Die vierde plek behoort aan Ouma Rooi se span gevolg deur Ligbron, Ermelo Fire & Signs, die Hoëvelder, Major Steel, Protea Bande, Value Africa, Ermelo Vleismark, Signs to See, EBM en Yolandi Skoonheid onderaan die lys.

Exit mobile version