School sportSport

Ligbron maak stem dik in Superreeks

Ligbron Akademie vir Tegnologie se wintersportspanne het die afgelope naweek goeie vertonings gelewer in die tweede ronde van vanjaar se Superreeks.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se wintersportspanne het die afgelope naweek goeie vertonings gelewer in die tweede ronde van vanjaar se Superreeks by Hoƫrskool Wagpos in Brits.

Die Ligbron Calstar Group eerste span het van meet af seker gemaak dat hulle balbesit behou en verhoed dat hul teenstanders enige punte in die wedstryd kon aanteken.

Teen rustyd was Ligbron reeds met 19-0 voor.

In die tweede helfte het Ligbron voortgebou op hulle uitstekende spel en kon Wagpos weer geen punte aanteken nie.

Die Liggies het uiteindelik 43-0 gewen.

Drieƫ is aangeteken deur Siswe Maseko, Sibusiso Sibeko, Mazithulele Nkosi, Thando Nkosi en Edward Deacon (twee). Mazithulele Nkosi het ook vier doelskoppe behaal.

Behalwe die 0/15A wat 14-41 en 0/15B wat 0-29 verloor het, het al die ander spanne gewen, die tweede span 43-5, derde span 22-0, 0/16A 12-11, 0/16B 29-12, 0/14A 44-0 en die 0/14B’s 57-9.

Die netbalspanne het ook goeie rekenskap van hulself gegee en ondanks die hitte sterk teenstand vir hulle teenstanders gebied.

Die eerste span wen 27-11, tweede span wen 12-7, 0/16A wen 21-5, 0/16B wen 17-7, 0/15A wen 16-4, 0/15B wen 21-10, 0/14A verloor 6-10 en die 0/14B’s wen 29-5.

Ligbron se dogtershokkiespanne het skoonskip gemaak en al hulle wedstryde gewen.

Die eerste span wen 8-0, 0/16’s wen 5-1, 0/15’s wen 10-0 en die 0/14’s wen 3-0. Die eerste seunspan het hulle wedstryd 1-2 verloor en die 0/16’s het 5-1 gewen.

Volgende Saterdag, (25 Maart) kom Ligbron op hul tuisveld teen Hoƫrskool Jan Viljoen te staan in die derde ronde van die Superreeks-wedstryde.

Related Articles

Back to top button