Legendes besoek Ligbron

Met gassprekers soos Bakkies Botha, Danie Gerber en Arnold Geerdts was rugby die toppunt van bespreking.

Die Ligbron en Old Mutual Rugby Legends-aand wat Vrydag by Ligbron Akademie vir Tegnologie plaasgevind het, was beslis ‘n hoogtepunt van die jaar tot dusver.

Die aand is deur Old Mutual geborg.

Met gassprekers soos Bakkies Botha, Danie Gerber en Arnold Geerdts was rugby die toppunt van bespreking. Gaste het aandagtig geluister na die legendes se interessante staaltjies uit hul speeldae en taaiste teenstanders, gunsteling speelposisies, menings oor hoe rugby oor die jare verander het, sowel as vereistes om deesdae ‘n goeie rugbyspeler te wees, is bespreek.

Die aand is soortgelyk aan die televisiereeks Toks en Tjops aangebied en mense by die huis en wêreldwyd kon in die verrigtinge deel danksy die lewendige uitsending op Youtube.

Die Liggie-koor, bestaande uit meer as 100 lede, het ook opgetree.

Mnr. Kobus Stander, Ligbron Direkteur Sport, en die hoof, mnr. Dup van Rensburg, het ook oor Ligbron se rugbygeskiedenis gepraat en ‘n toekomsvisie vir Ligbron-rugby met die gehoor gedeel.

Calvin Clack het Ligbron se huidige eerste rugbyspanoefengroep verteenwoordig en mnr. Edwin Clack, verkoopsbestuurder, en mnr. Willie Horn, uitvoerende finansiële adviseur, het Old Mutual verteenwoordig.

Die organiseerders bedank graag die volgende mense en instansies wat bydraes gelewer het om die aand moontlik te maak: Old Mutual (hoofborg), Anne-Marie en Riaan Ferreira, Oubaas de Jager, Elmarie du Plessis, Mari du Plessis, Voorspoed Slaghuis, Alan’s Slaghuis, Ermelo Slaghuis, Izimbali, Ligbron-koshuis, Butr Restaurant, Midway Drankwinkel, Dros, Bennie Bruwer, Johannes Deacon, Wendy Stapelberg, Roy Alves, asook elke ouer en onderwyser wat gehelp het.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times andStanderton Advertiser.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Exit mobile version