Local sportSport

Taai stryd in beterbalkompetisie

Eerskomende Sondag, 26 Februarie, word die Ermelo Ope Gholfkampioenskap op die baan beslis.

Die tweebal-beterbalgholfkompetisie wat die afgelope Saterdag op die Ermelo-baan beslis is, het vir goeie mededinging gesorg met die eerste vier plekke wat eers ná ‘n uittel bepaal is.

Naudé Kleynhans en Maans Sandenberg het in die eerste plek geëindig met 47 punte ná ‘n uittel met Chris Landman en Len Kleynhans, ook op 47 punte.

Leander (Woes) en Fred Els was in die derde plek ná ‘n uittel met besoekers Eddie Duggan en Dirko Krige wat die vierde plek ingeneem het. Albei spanne het 45 punte behaal.

Verskeie ligawedstryde is ook Saterdag beslis.

Ermelo se super seniorspan, ook bekend as die “Coffin Dodgers”, is op hulle tuisbaan met 1-5 deur Witbank Gholfklub verslaan. Die “Spring Chicken” A-span het met 6-2 teen Belfast gewen, terwyl die ‘Spring Chicken” B-span met 2-6 teen Middelburg-A op Middelburg verloor het.

Eerskomende Sondag, 26 Februarie, word die Ermelo Ope Gholfkampioenskap op die baan beslis.

Van Ermelo se beste gholfspelers, asook van die beste gholfspelers in Mpumalanga, sal sake uitspook.

Die publiek word gevra om ‘n draai te maak by die gholfbaan om ons plaaslike spelers te ondersteun.

Related Articles

Back to top button