Local sportSport

Tomahawks val vas in eindstryd

"Elke keer wat julle die Tomahawks-trui oor julle koppe getrek het, het julle ons trots gemaak. Dankie ook aan ons kaptein, JP le Roux, wat 'n ware leier was op die veld sowel as van die veld af."

Die Ermelo Tomahawks Rugby Leaguespan het Saterdag teen die gedugte Tuks Blues in die eindstryd van die Protea-beker te staan gekom en ondanks ‘n moedige vertoning die onderspit met 22 – 44 gedelf.

Die Tomahawks is die wennerspan in die Mpumalanga Rugby League-konferensie.
Die wedstryd is by die Bosman-stadion op Brakpan gespeel.

Vir die Tomahawks is punte aangeteken met drieë deur Wayne Burger, Jonathan Croucamp, Dylan McFarlane en Richard Henry. Doelskoppe is behaal deur Arrie Pretorius (2) en Jonathan Croucamp (1).

Arrie Pretorius is gekies as die Tomahawks se Speler van die Wedstryd.

In ‘n boodskap aan die span ná afloop van die wedstryd het die sekretaresse van die Tomahawks, Rina Anderson, die spelers vir hul opoffering die afgelope seisoen bedank en gesê dat hulle ten alle tye hul beste gelewer het.

“Die 2016-seisoen het tot ‘n einde gekom en hoewel ons nie in die eindstryd daarin kon slaag om die beker te lig nie, glo ek julle is die beste!

“Ons het die beste spelers wat altyd 110 persent gegee het en sonder elkeen van julle sou ons nie dié seisoen die hoogtes bereik het wat ons bereik het nie.

“Elke keer wat julle die Tomahawks-trui oor julle koppe getrek het, het julle ons trots gemaak. Dankie ook aan ons kaptein, JP le Roux, wat ‘n ware leier was op die veld sowel as van die veld af.

“Aan elkeen van die spelers, dankie vir jul togewydheid en harde werk die afgelope seisoen. Ons vertrou 2017 sal nog beter wees,” het Rina gesê.

Die Tomahawks bedank ook hul borge, Zip Zap Trading, vir vervoer Saterdag, Liquor City, Nando’s, Deodata Digital, West Street Guest House, Tel a Car, Elite Motors, Midway Butchery en Ermelo Inn.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button