Local sportSport

Dis weer pienkbaltyd

Die pienkbal-teenwoordigheidsprys van R3 000 sal getrek word totdat ’n wenner teenwoordig is en kan sorg vir ’n lekker meevallertjie so kort voor Desember.

Die Hervormde Gemeente Suid se jaarlikse pienkbal-gholfkompetisie vind vanjaar op 19 November plaas.

Die organiseerders beloof dat daar vanjaar weer pret vir groot en klein gaan wees.

Daar sal weer verversings op sekere putjies wees en, soos altyd, groot pryse op die spel.

Die pienkbal-teenwoordigheidsprys van R3 000 sal getrek word totdat ’n wenner teenwoordig is en kan sorg vir ’n lekker meevallertjie so kort voor Desember.

Die tradisionele pienk “wisselbaadjies” sal ook weer aan die vierbal-wenners oorhandig word.

Hulle name sal soos in die verlede op die baadjies aangebring word.

Mense wat bereid is om ’n putjie te borg of ’n skenking te maak, kan Natie van Rooyen by 082 562 0608 skakel.

Plaas jou naam vroegtydig op die afslaanlys om teleurstelling te voorkom.

Related Articles

Back to top button