Local sportSport

Nuwe komitee gekies vir Ermelo Rolbalklub

Tydens Ermelo Rolbalklub se algemene jaarvergadering is 'n nuwe komitee verkies en spelers is vereer vir hul prestasies gedurende die jaar.

Ermelo Rolbalklub se algemene jaarvergadering het verlede week plaasgevind.

Tydens dié geleentheid is ‘n nuwe komitee verkies en spelers is vereer vir hul prestasies gedurende die jaar.

Vaino Prinsloo en Sonja Mouton is onderskeidelik aangewys as die klub se mans-en vrouekampioen.

In die gekose pare (mans) was Jan van Niekerk en Ruan Weber die wenners en in die vroue-afdeling het Maggie Barnard en Sonja Mouton met die prys weggestap.

Sonja Mouton en Ruan Weber het die getrekte gemengde pare en die gemengde pare gewen, met Fritz Olmesdahl en

Ruan Weber wat onoorwonne in die getrekte manspare was.

Die titel vir die getrekte vrouepare behoort aan Delene Cloete en Tessa van der Sandt.

Sonja Mouton en Ruan Weber is as die klub se King en Queen aangewys.

Daar is net ‘n paar veranderings in die komitee met Vaino Prinsloo wat as president herkies is, Jan van Niekerk sal dien as vise-president, Penny Coetzer is in beheer van die geldsake (tesourier) en Gerda Swanepoel sal as klubsekretaresse diens doen.

Die komitee se vier adissionele lede is Alta Schneider, Ruan Weber, Tessa van der Sandt en Fritz Olmesdahl.

 

Related Articles

Back to top button