School sportSport

Liggie-dogters klop HS Secunda oortuigend op krieketveld

Ligbron se aanvangskolwers was goed op dreef en het 126/3 op die telbord geplaas

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste dogterskrieketspan het verlede Dinsdag in die tweede ligawedstryd van die seisoen teen Hoërskool Secunda 2 te staan gekom en die wedstryd oortuigend gewen.

Die Liggies se kaptein, Elzaan Venter, het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

Ligbron se aanvangskolwers was goed op dreef en het 126/3 in die toegelate 20 boulbeurte op die telbord geplaas.

Elzaan het ‘n kapteinsbeurt gespeel en ‘n persoonlike beste van 27 lopies (n,u,n,) behaal.

Die Liggie-boulers het daarna in Secunda se kolfbeurt paaltjies met reëlmaat laat kantel en Secunda se kolwers kon slegs 69 lopies almal uit aanteken.

Vir Ligbron het Elzaan Venter, Linique Jansen van Vuuren en Lindie Mostert met die bal uitgeblink en elk drie paaltjies geneem.

Elzaan is as die speler van die wedstryd aangewys.

Related Articles

Back to top button