School sportSport

Erries beïndruk tydens toere

Hoërskool Ermelo se wintersportspanne het gedurende die skoolvakansie verskeie toere onderneem. Die Erries het uitgeblink en hul merk op die tennisbane, hokkie -en rugbyvelde gemaak.

Rugby
Die Erries se eerste rugbyspan het aan die “Best of the West”-rugbytoernooi in Krugersdorp deelgeneem.
Hulle het die toernooi onoorwonne afgesluit en is ook as die toernooi se beste eerste span gekroon.
Dié span se wedstryduitslae as volg; Klop St George College (Harare, Zimbabwe) 28 – 15, Monument Kwagga’s 13-7 en Hoërskool Linden 30-7.
Die 0/14-span het op Rustenburg ’n rugbykliniek wat deur Blikkies Groenewald aangebied is, bygewoon en drie wedstryde gespeel.
Hulle het Hoërskool Hans Moore 36-12 en Afrikaans Hoërskool Kroonstad 43-12 geklop en 12-15 teen Hoërskool Menlopark B verloor.
Die 0/15’s het aan die Rob Ferreira-sportweek deelgeneem en het ook twee van hul drie wedstryde gewen.
Walter Visser en Kenny Sabando is in die Namibië-toerspan ingesluit.

Hokkie (dogters)
*Die eerste hokkiespan het ’n kursus by Kearsney College in Pinetown bygewoon.
Dit was ’n besondere kursus, aagebied deur Alan Paton, voormalige afrigter van die Suid-Afrikaanse manshokkiespan. Dit het nie net afrigting behels nir, maar ook baie wedstryde.
Die Erries het al ses hul wedstryde op astrobane gespeel en het altesaam 19 doele tydens die toernooi aangeteken sonder om een af te staan.
*Die 0/15-span het aan Hoërskool Garsfontein se feestoernooi deelgeneem en as wenners weggestap.
Die wedstryde was elk slegs 25 minute lank en die Erries het nie ’n minuut daarvan vermors nie.
Tydens die poelwedstryde het hulle teen DSG St. Mary’s, Hoërskool Ben Vorster, Helpmekaar Kollege, Hoërskool Garsfontein en Hoërskool EG Jansen te staan gekom.
In die eindstryd teen Hoërskool Transvalia het die Erries 2-1 gewen. Die span spog met 22 doele en slegs twee doele teen hulle vir die hele toernooi.
Leandri Beyer het die meeste en Yonette Fourie die tweede meeste doele van die toernooi aangeteken.
Tydens die toernooi het onafhanklike keurders dogters geïdentifiseer wat deel sal wees van twee feesspanne wat in Oktober na Ierland sal toer. Leandri Beyer, Kyla Grobler, Klarissa Joubert, Nicole van der Merwe, Ruané Huber, Marla Oosthuizen, Yonette Fourie en Leané von Wielligh (nie-reisende reserwe) is vir dié spanne gekies.
*Die 0/16A’s het aan die Topskoletoernooi by Hoërskool Menlopark deelgeneem en vyfde geëindig.
Jenna Lewis, Celine Joubert, Tanisha Gibson, Kelly-Anne Bourn, Janice Harmse, Bernéde Kock, Lydia Landman Celené Celliers en Hannah Cloete is ingesluit in ’n oefengroep van 55 dogters wat in Oktober na Nederland toer.

Hokkie (seuns)
Die Erries se eerste seunshokkiespan het aan die “Best of the West”-seunshokkietoernooi in Krugersdorp deelgeneem.
Hulle het teen Hoërskool Edenvale, Krugersdorp High School, Krugersdorp-klubspan, Hoërskool Boksburg, Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Menlopark meegeding. EHS het 16 doele in hul ses wedstryde aangeteken en is as die span met die beste gees by die toernooi aangewys.

Tennis
Tom Slabbert (0/15), Helé Schutte (0/19), Lesshika Vala (0/19) en Stefan Kemp (0/19) het aan die SA Skole-week deelgeneem,
Die toernooi het in spanverband geskied en die spelers het in enkels, dubbels en gemengde dubbels meegeding.
Tydens dié toernooi is Lesshika Vala vir die SA Skole-span gekies, een van ’n span van net ses dogters van regoor Suid-Afrika wat in Junie na Engeland toer.

Related Articles

Back to top button