Local sportSport

Tomahawks struikel in eindstryd

Die Tomahawks het in die klipharde wedstryd enduit hul beste gelewer.

Die Tuffshield Ermelo Tomahawks Rugby League-span het ondanks ‘n manmoedige poging in die eindstryd van die Rhino-beker teen Harlequins van Pretoria met 12-52 verloor.

Saterdag se wedstryd is op Middelburg Rugbyklub se veld beslis nadat die spanne ooreengekom het om op neutrale grond te speel.

Die Tomahawks het in die klipharde wedstryd enduit hul beste gelewer en nie ‘n tree agteruit gegee vir hul gedugte teenstanders nie.

Vir die Tomahawks is André Mathews gekies as speler van die wedstryd.

Drieë is gedruk deur Louis van Zyl en JP Williams en Tiaan Rosslee het twee doelskoppe behaal.

In Rugby League tel ‘n drie slegs vier punte.

 

 

For free breaking and community news, visit our websites:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button