Lizelle laat lopies vloei

In die derde op die Wanderers, het Lizelle 74 lopies vanaf 77 balle gemoker wat 11 viere en 'n ses ingesluit het.

Terwyl krieketliefhebbers die eendagreeks tussen die Proteas en die Engelse toerspan luidkeels ondersteun het, was die SA Vrouespan ook in ‘n taai stryd gewikkel in die eendagreeks teen die Engelse vrouespan.

Ermelo se Lizelle Lee, kranige kolwer van die Protea Vrouespan, het haar stempel op die reeks van drie wedstyde afgedruk en altesaam 155 lopies aangeteken.

In die eerste wedstryd het sy drie viere geslaan vir haar 12 lopies voordat sy uitgehaal is.

In die tweede wedstryd op 12 Februarie het sy gewys waartoe sy in staat is en 69 lopies van slegs 56 balle aangeteken wat 12 viere ingesluit het.

Sy het die Proteas tot op die randjie van ‘n oorwinning gevoer en die span het slegs twee lopies gekort toe sy uitgevang is. Sy en Marzanne Kapp het ‘n vennootskap van 112 lopies in 14 beurte opgestel wat die Proteas gehelp het om die wedstryd te wen en die reeks gelyk te maak.

Lizelle is ook as Speler van die Wedstryd gekies.

In die derde en beslissende wedstryd op die Wanderers, het Lizelle 74 lopies vanaf 77 balle gemoker wat 11 viere en ‘n ses ingesluit het.

Die naasbeste individuele telling in die SA span se totaal van 196 lopies was 31.

Ondanks haar heldhaftige poging het die Proteas ongelukkig die wedstryd en so ook die reeks teen Engeland verloor.

Lizelle is ‘n oudleerling van Ligbron Akademie vir Tegnologie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version