Laerskool Ermelo-atlete wys hul kan

Beide die 0/8- en 0/13 seuns-aflosspanne nuwe rekords in hul onderskeie items opgestel.

Laerskool Ermelo se seuns-aflosspanne het die afgelope Saterdag tydens ’n byeenkoms op Piet Retief gewys waartoe hulle in staat is toe beide die 0/8- en 0/13-span hul onderskeie items gewen het.

Van die atlete het ook individueel in verskeie items presteer.

Olwethu Radebe is aangewys as die beste junior naelloper (S0/8). Hy is ook lid van die 0/8-aflosspan wat die rekord verbeter het.

Munashe Dukuswa het die rekord in die S0/13-hoogspring geëwenaar en is ook as die beste hekkiesatleet angewys.
Hy is ook lid van die 0/13-aflosspan wat Saterdag die rekord verbeter het.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

 

Exit mobile version