Local sportSport

Ermeloërs se houte aan die rol

Ermeloërs palm tweede-en derdeplek in.

Vier spanne van Ermelo Rolbalklub het Saterdag aan ‘n geborgde dag aangebied deur Secunda Rolbalklub deelgeneem.

Die Ermelo-spanne het goed gevaar met die span van Alta Schneider, Gerda Swanepoel, Jan van Niekerk en Ruan Weber wat tweede geëindig het.

Frans en Delene Cloete, Sonja Mouton en Maggie Barnard se span het vir Ermelo die derde plek verower.

Die tyd het ook aangebreek vir Ermelo Rolbalklub se jaarlikse Groot Besigheidsliga.

Altesaam 28 spanne het ingesryf vir die liga wat volgende week (9 Februarie) begin.

Almal word genooi om Dinsdag-en Donderdagaande te kom kyk hoe die spanne van verskillende ondernemings sake uitspook.

Mense wat belangstel om by Ermelo Rolbalklub aan te sluit of wat graag wil saam oefen, kan Tessa by 076 051 6738 skakel.

Related Articles

Back to top button