Local sportSport

John is gereed vir toer

John Fourie, vertrek binnekort op 'n toer na Sri Lanka as lid van die nasionale 0/15-span.

 

IMG_5 IMG_4 IMG_2 IMG_1

 

 

‘n Jong krieketspeler van Ermelo, John Fourie (14), vertrek binnekort op ‘n toer na Sri Lanka as lid van die nasionale 0/15-span.

Die span vertrek op 25 November op ‘n 10-dagtoer waartydens hulle vier eendagwedstryde op drie internasionale krieketvelde sal speel.

John is ook gekies om aan die National Schools League wat van 7 tot 16 Desember in Pretoria plaasvind, deel te neem.

Tydens dié toernooi sal hulle teen spanne van ondermeer Australië, Wes-Indiese Eilande en Pakistan te staan kom.

John, ‘n linkerhandse draaibouler, het in gr. 4 toe hy 10 was, ná sy eerste wedstryd op die spel verlief geraak.

Vandag is krieket sy lewe en dié 0/15-en eerstespanspeler bring elke weeksmiddag op die krieketveld of in die nette deur.
Lees die volledige berig in dié week se Hoëvelder.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button