Laerskool Breyten bied 18de gholfdag aan

Laerskool Breyten het Saterdag hul 18de agtereenvolgende geborgde IPS-gholfdag op Ermelo aangebied.

Laerskool Breyten het Saterdag hul 18de agtereenvolgende geborgde IPS-gholfdag op Ermelo aangebied.

Johan Benecke het die kompetisie gewen met ’n telling van 41 punte, met Willie Horn in die tweede plek op 40 punte.

Piet Swanepoel en Hardo Prinsloo met 39 punte elk het onderskeidelik in die derde en vierde plekke geëindig.

Chris Landman het in die vyfde plek geëindig met ’n telling van 37 punte.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version