Local sportSport

Rolbalkompetisie word strawwer

Fitment Center is ná die eerste vier rondes in die eerste posisie op die punteleer.

Daar is slegs drie rondes oor in Ermelo Rolbalklub se besigheidsliga met nie veel wat die vier topspanne van mekaar skei nie.

Fitment Center is ná die eerste vier rondes in die eerste posisie op die punteleer.

Hoewel Brakecore gesorg het vir die grootste oorwinning van die week toe hulle 29-10 met Nasua Highveld afgereken het, het hulle afgeskuif na die tweede plek ná ’n gelykopuitslag teen Sanlam verlede Dinsdag.

Die voorlopers ná die eerste twee weke se spel is Fitment Center (1), Brakecore (2) en Laerskool Ermelo (3). Hulle word gevolg deur Ermelo Vleismark (4), F.C. Benecke (5), Penny’s Recycling (6), Momentum (7), EBM (8), Ball Busters (9), Underdogs (10), Ermelo Fire & Signs (11), Sleepers Rest (12), Nasua Highveld (13) en Sanlam (14).

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button