Local sportSport

Posduifklub se kampioene gekroon

Danie en Suzette Snyman is die afgelope vier jaar klubkampioene.

Lede van Ermelo Posduifklub is Vrydagaand tydens die klub se jaareind- en pryuitdelingsgeleentheid vir hul prestasies gedurende die afgelope seisoen beloon.

Die verrigtinge is in die gholfklub se saal gehou.

Altesaam 18 lede het aan die afgelope seisoen se wedvlugte deelgeneem.

Die seisoen strek vanaf Junie tot einde September en 36 wedvlugte word onderneeem.

Vanjaar se klubkampioene is Danie en Suzette Snyman wat dié prestasie die afgelope vier jaar behaal het.

Danie skryf sy sukses daaraan toe dat hy daagliks by sy duiwe betrokke is en aandag aan hulle skenk. Hy is ook vanjaar se kort- en langpadkampioen.

Iwan Smit is die middelpadkampioen.

Spesiale kategorieë is deur die volgende lede gewen:
Jacob Cilliers – Jaaroudkampioen; Thys Pretorius – Derby-wedvlug; Danie en Suzette Snyman – Ope kampioenskapswedvlug; en Apie Swanepoel – 2-jaar oue kampioenskap

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button