Niel en Hans wen Kerk Gholfdag

Die gholfdag is gehou as deel van die kerk se fondsinsamelingprojekte.

Niel Clifford en Hans de Wet het die Hervormde Kerk Ermelo Moedergemeente se jaarlikse twee-bal “American Scramble”-gholfkompetisie gewen.

Gerhard von Wielligh en Phillip Roux het in die tweede plek geëindig en Susan van Rooyen en Willie Grobler derde.

Eddie Daniel se dryfhou was naaste aan die pen op die vierde gat en Gerhard von Wielligh was naaste op die 14de.

Gary Daniel het die langste dryfhou van die dag geslaan

64 spelers het aan die gewilde gholfkompetisie deelgeneem wat in wisselvallige weer gespeel is. Die gholfdag is gehou as deel van die kerk se fondsinsamelingprojekte.

Die nou reeds “verpligte” lees van ’n prettige storie vol kwinkslae deur die gemeente se leraar dr. Piet van Zyl het weereens groot byval gevind en was beslis een van die hoogtepunte van die dag.

Niel Clifford, dr. Piet van Zyl, hans de Wet en Estiaan Roos tydens die prysoorhandiging.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version