School sportSport

Errie-teenstanders uitgeboul

Dié Errie-eerste span sluit hulle ligabepalings onoorwonne af en speel eerskomende week teen Hoërskool Standerton se eerste span in die halfeindronde van die Gert Sibande-liga.

Hoërskool Ermelo se krieketspanne het verlede week verskeie wedstryde gespeel.
Die 0/14-span het Donderdag in hul laaste ligawedstryd van die seisoen teen Hoërskool Secunda te staan gekom, maar het die wedstryd met vyf paaltjies verloor. .

In hul wedstryd teen Ligbron Akademie vir Tegnologie het die 0/15’s ‘n 140-lopie-oorwinning behaal.
Die Erries het eerste gekolf en 217/2 in hul toegelate 20 beurte aangeteken waarop die Liggies met net 77 lopies kon antwoord.

Uitblinkers met die kolf was Euwan Pretorius (89 n.u.n.) en Willie Greyling (63).
In hul laaste ligawedstryd het die tweede span Dinsdag teen Hoërskool Standerton gespeel en die wedstryd met vyf paaltjies gewen.

Sodoende het hul gekwalifiseer om Saterdag in die eindstryd teen Standerton te speel.
Die Erries is deur Standerton ingestuur om eerste te kolf en is in die 34 ste beurt uitgeboul vir 234.

J.G. Serfontein het ‘n pragbeurt van 89 lopies geslaan wat vyf reuse-sesse ingesluit het.
Goeie boulwerk deur die Erries het Standerton beperk tot net 104 lopies voor die laaste paaltjie gekantel het.
EHS het die wedstryd met 140 lopies gewen.

Hulle is as die kampioene gekroon en sluit die liga onoorwonne af.
Die Erries se eerste span het Saterdag in hul laaste ligawedstryd met Hoërskool Hoogenhout afgereken.

Hoogenhout het eerste gekolf en is almal in die 26ste boulbeurt uitgehaal vir 90 lopies.
Jan-Hendrik Swart het 4/17 geneem en Jeandré Muller 2/4.

Die Erries het die vereiste telling reeds in die negende boulbeurt behaal met slegs een paaltjie plat en die wedstryd gemaklik met nege paaltjies gewen.Ewan Kemp (52 n.u.n.) en Leon Visser (27 n.u.n.) was die sterre met die kolf.

Dié Errie- span sluit hulle ligabepalings onoorwonne af en speel eerskomende week teen Hoërskool Standerton se eerste span in die halfeindronde van die Gert Sibande-liga.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button