Local sportSport

Cherise gekroon as “Grand Champion”

In die ope afdeling het sy weggestap met goud in beide Kata en Kumite en is aangewys as die “Grand Champion” vir beide Kata en Kumite in die 9 tot 11-ouderdomsgroep.

Ermelo Karate Shotokan het die naweek aan die Champions Challenge-kompetisie in Witbank deelgeneem.
Dit was ’n groot kompetisie, met deelnemers van Gauteng, Noordwes en Mpumalanga.

Eugene Smith (seniors) het in die individuel en ope afdelings brons in beide Kata en Kumite behaal.
Hendrikus Visser (14 tot 15 jaar) het individueel silwer vir Kata, brons vir Kumite en in die ope brons vir Kata en Kumite verower.

Cherise Veldman (10 tot 11 jaar) het individueel silwer in Kata en brons in Kumite behaal.
In die ope afdeling het sy weggestap met goud in beide Kata en Kumite en is aangewys as die “Grand Champion” vir beide Kata en Kumite in die 9 tot 11-ouderdomsgroep.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button